
4 February 2010
Categories: Pofmuis se daaglike insidente . . Author: pofmuis . Comments: Leave a Comment

1. Ek haat slange. Regtig. “Ophidiophobia or ophiophobia is a particular type of specific phobia, the abnormal fear of snakes.” Klem op die abnormal.
2. Ek glo my korrekte skoengrootte is ‘n 7.25. Grootte 7 is net-net te klein en 8 is way te groot!
3. Ek hou van seeskulpe.
4. Ek hou nie van piesangs nie
5. Ek hou niks van groenboontjies nie.
6. Ek besit nie ‘n laptop nie, en ek verkies dit so. Maar ek het ‘n Blackberry.
7. Ek is Team Edward. Vir altyd.
8. Ek haat dit as mense planne verander.
9. Ek kry dit altyd reg om nuwe hakskoene se hakke te breek binne 1 maand, geen uitsonderings.
10. Ek is mal daaroor om UNO te speel. Maar ek sal pass op die kar.
11. Al my tone is mooi reguit behalwe die twee langs my groottone.
12. Al my vingers is reguit behalwe my ringvingers. Vreemd. Dalk is dit so omdat ek nie bedoel is om te trou nie.
13. Die idee van trou maak my benoud.
14. Ek het al 2 keer Night at the Museum gaan kyk, en albei kere die middel van die movie gemis omdat ek geslaap het. Nie omdat dit vervelig was nie, net omdat ek moeg was.
15. Ek het The Da Vinci Code van Dan Brown gelees, en dit gelike!
16. Die movie Changeling het my seriously uitgefreak.
17. Ek kan nie trillers/horror movies kyk nie. Ek word heeltemal te bang en moet dan met die lig aan slaap.
18. Ek is nie ondankbaar oor my omstandighede nie, maar ek wens soms ek kon dit verander sonder om enige iemand te raak, wat basies onmoontlik is.
19. Ek wil voller eyebrows he.
20. Ek is bekommerd oor plooie.
21. Maar ek rook nogsteeds ten spyte daarvan.
22. Partykeer hou ek nie daarvan as my foon lui nie. Ek hou van stilte.
23. Ek is verskriklik ongeduldig.
24. Ek bestuur soms soos ‘n senior burger. Net omdat ek kan.
25. Ek LOVE skuimpies - Meringue’tjies (soos in lemon meringue sonder die lemon) My ma noem dit skuimpies, en ek kan nogsteeds daarmee omgekoop word.
26. Ek glo nie alles wat my dieëtkundige, dokter, tandarts, pompjoggie, veearts of troeteldierwinkel eienaar vir my vertel nie. Ek glo in my eie navorsing.
27. Ek hou nie van mense wat eiewys is nie, alhoewel ek verskriklik eiewys is.
28. Ek fliek heeltemal te veel. En elke keer as ek daai super duper groot combo met die huge popcorn en 5liter (meer soos 950ml) coke lite gevat het, skyrocket ek by die cinemas uit vir die loo.
29. Ek love die sour cream en chives popcorn flavouring wat hulle by die movies het gehad het tot een of ander idioot seker te veel daarvan gevat het. Die cardboard butter sweet butter is net nie dieselfde nie.
30. Soms is ek baie clumsy.
my vis logboek tot op datum;
| NAAM van VIS | BESKRYWING |
| Een | Fantail goldfish (+/- 3cm in grootte) 4dae in tenk. |
| Twee, later Twai | Fantail goldfish (+/- 5cm in grootte) Omtrent so maand in tenk. Het selfs finrot oorleef. |
| Trio | Pearlscale1. 2 dae in tenk. Was tog te ougat! |
| Quatro | Black moor Huidiglik al 12 dae in tent. Sterkte….. Kan nie mooi onthou hoe lank hy geleef het nie, maar dit was nie baie lank nie. Arms vis het ‘n wrede dood gesterf. RIP Quatro |
| Vis vyf | Absoluut geen idée waste vis hierdie is nie, het hom/haar ge-erf by tjommie. |
| Sech | Bottom feeder/Alge eter – apparently hoe hulle die tenk mooi skoon! |
| Siete | Bottom feeder/Alge eter |
| Atta | Bottom feeder/Alge eter |
| Vis nege | Oppad…. |
Hoop en bid vir die beste vir my nuwe vissies asb!
Aangesien “Tyd vir ‘n POP quiz Chronicle Ver1.000008596549” amper ‘n groot mislukking was agv gebrek aan belangstelling en/of moeilikheidsgraad het ek besluit om dit aansienlik makliker en korter te maak. Here goes;
1. “The eyes of a lover that hit like heat”
2. ”Mama just killed a man, Put a gun against his head”
3. “Tonight’s the night, Let’s live it up, I got my money, Lets spend it up”
4. “You can checkout any time you like, But you can never leave”
5. “Cause I just can’t look, it’s killing me”
Pofmuis is terug in Petoorsdorp na ‘n lekker wegbreek by die seeeeeeeeeeee. Weereens (vir die laaste 10 jaar) het ek my eie reël tov oujaarsaand verrigtinge oortree. Moenie die nuwe jaar geswaai/klap/twai ingaan nie. Kan mos net nie leer nie. Maybe kry ek dit reg hierdie jaar….maybe is ek so oulik hierdie jaar om by my ’planne’ te bly… wel, ten minste dan net tot einde Januarie!
Dinge wat ek gaan poog om gedoen te kry hierdie jaar;
1. Wees baie meer waaghalsig. Soos om ‘n dieet te gaan.
2. Blog meer. Nuwe vooruitsigte vir Die Chronicles wat ek binnekort gaan probeer op die been bring. Nuwe exciting idees maal in my kop rond. Note to self: ’skryf shit neer as ek ‘n gedagte kry’.
3. Werk meer effektief. Gryp uitdagings aan. Minder slaplê!
3. Besoek die Martelhuis aka Gym meer. Ten minste een keer elke 2 maande. Die trippie na die gym een keer in 2 maande sal my basies R900 kos, wat ek sceme is moerse goeie waarde vir my geld.
3. Koop minder crap. Ek het NIE 8 sonbrille van dieselfde shape nodig NIE. Maar RayBan Wayfarers bly super cool.

3. Voltooi ‘n naelkursus. Wees meer entrepreneuries. Dan kan my eie naels doen wat oranje is met palmboompies op. Of dalk maybe miniatuur mona lisa’s as ek extreme wil wees.
3. Probeer weer ‘n vis of twee aanhou wat darem meer as 12 slapies lewe.
3. Ek glo nie daaraan om meer as 3 nuwejaarsvoorneme te hê nie. Dis net onmoontlik en onbereikbaar.
Sterkte vir 2010, hier gaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaat ons………
As of 12/1/2009 3:55:34 AM EST
You are 24 years old.
You are 291 months old.
You are 1,263 weeks old.
You are 8,840 days old.
You are 212,163 hours old.
You are 12,729,835 minutes old.
You are 763,790,134 seconds old.
En….
apparently was ek verwek ongeveer 26 Desember 1984….. sal maar my ma en pa moet vra oor daai een!
Oulik, kyk hier http://www.paulsadowski.org/BirthDay.asp
Aangesien ek soms tegnologies gestremd is soms(meestal wanneer ek dit verkies), gaan ek vir die ‘old school’ look vir my header vir tyd en wyl ek support van ‘n IT nerd tjommie kan inwin. Maar hoe lyk dit sover???
1. “I said I wasn’t gonna lose my head, but then….” Hugh Grant, Pop goes my heart van Music and Lyrics movie
2. “But she was looking for a nightgown I saw the devil wrapping up his hands” The Killers: A Dustland Fairytail
3. “The silicon chip inside her head gets switched to overload…..” BoomTown Rats, I don’t like Mondays
4. “It’s no use, he sees her, He starts to shake and cough, Just like the old man in That book by Nabakov…..” Sting & The Police, Don’t stand so close
5. “Oh Baby don’t you know I suffer…” Muse, Supermassive blackhole
6. “What if I’m a mermaid in these jeans of his with her name still on it” Tori Amos, Silent all these years
7. “Because maybe, you’re gonna be the one that saves me” Oasis, Wonderwall
8. “And the price of a memory is the memory of the sorrow it brings” Counting Crows, Mrs Potter’s Lullaby
9. “All this rejections got me so low. If she keeps it up I just might tell her no” The Offspring, Self esteem
10. “I’ll take my clothes off and it will be shameless” Lily Allen, The Fear
R(absoluut f*k*l) vir jou as jy vir my kan se wie is die artist en die titel van die onderstaande lirieke is;
1. “I said I wasn’t gonna lose my head, but then….”
2. “But she was looking for a nightgown I saw the devil wrapping up his hands”
3. “The silicon chip inside her head gets switched to overload…..”
4. “It’s no use, he sees her, He starts to shake and cough, Just like the old man in That book by Nabakov…..”
5. “Oh Baby don’t you know I suffer…”
6. “What if I’m a mermaid in these jeans of his with her name still on it”
7. “Because maybe, you’re gonna be the one that saves me”
8. “And the price of a memory is the memory of the sorrow it brings”
9. “All this rejections got me so low. If she keeps it up I just might tell her no”
10. “I’ll take my clothes off and it will be shameless”
Volgende week word die antwoorde geplaas, asook Ver2.000008596549
Uiteindelik!
