Oor die MuiS
RANDOM FEITE EN INTERRESSANTE DINGE OOR DIE MUIS
1. Ek haat slange. Regtig. “Ophidiophobia or ophiophobia is a particular type of specific phobia, the abnormal fear of snakes.” Klem op die abnormal.
2. Ek glo my korrekte skoengrootte is ‘n 7.25. Grootte 7 is net-net te klein en 8 is way te groot!
3. Ek hou van seeskulpe.
4. Ek hou nie baie van groenboontjies nie
5. Ek hou minder as niks van piesangs nie.
6. Ek besit nie ‘n laptop nie, en ek verkies dit so. Maar ek het ‘n Blackberry.
7. Ek is Team Edward. Vir altyd.
8. Ek haat dit as mense planne verander.
9. Ek kry dit altyd reg om nuwe hakskoene se hakke te breek binne 1 maand, geen uitsonderings.
10. Ek is mal daaroor om UNO te speel. Maar ek sal pass op die kar.
11. Al my tone is mooi reguit behalwe die twee langs my groottone.
12. Al my vingers is reguit behalwe my ringvingers. Vreemd. Dalk is dit so omdat ek nie bedoel is om te trou nie.
13. Die idee van trou maak my benoud.
14. Ek het al 2 keer Night at the Museum gaan kyk, en albei kere die middel van die movie gemis omdat ek geslaap het. Nie omdat dit vervelig was nie, net omdat ek moeg was.
15. Ek het The Da Vinci Code van Dan Brown gelees, en dit gelike!
16. Die movie Changeling het my seriously uitgefreak.
17. Ek kan nie trillers/horror movies kyk nie. Ek word heeltemal te bang en moet dan met die lig aan slaap.
18. Ek is nie ondankbaar oor my omstandighede nie, maar ek wens soms ek kon dit verander sonder om enige iemand te raak, wat basies onmoontlik is.
19. Ek wil voller eyebrows he.
20. Ek is bekommerd oor plooie.
21. Maar ek rook nogsteeds ten spyte daarvan.
22. Partykeer hou ek nie daarvan as my foon lui nie. Ek hou van stilte. Soms as ek in my kar ry, kan ek nie agterkom wat irriteer my so erg nie, dan besef ek dis die radio, dan skakel ek dit sommer af!
23. Ek is verskriklik ongeduldig, oor sommige dinge.
24. Ek bestuur soms soos ‘n senior burger. Net omdat ek kan.
25. Ek LOVE skuimpies - Meringue’tjies (soos in lemon meringue sonder die lemon) My ma noem dit skuimpies, en ek kan nogsteeds daarmee omgekoop word. En STERI STAMPIES – Toffee Caramel. Kan.nie.dag.daar.sonder.gaan.nie.
26. Ek glo nie alles wat my dieëtkundige, dokter, tandarts, pompjoggie, veearts of troeteldierwinkel eienaar vir my vertel nie. Ek glo in my eie navorsing.
27. Ek hou nie van mense wat eiewys is nie, alhoewel ek verskriklik eiewys is.
28. Ek fliek heeltemal te veel. En elke keer as ek daai super duper groot combo met die huge popcorn en 5liter (meer soos 950ml) coke lite gevat het, skyrocket ek by die cinemas uit vir die loo.
29. Ek love die sour cream en chives popcorn flavouring wat hulle by die movies het gehad het tot een of ander idioot seker te veel daarvan gevat het. Die cardboard butter sweet butter is net nie dieselfde nie.
30. Soms is ek baie clumsy.
31. Ek HAAT dit as mense nie kan spel nie. Wet j dat j sos bq v ’n fkn IdiOt lyk a j n kn spel ni? Dit vret jo bruin weg sos DRAKS. n telivisie. Huh?
32. Ek kan nie altyd sms/twitter/mxit lingo verstaan nie. Verwys na punt 31. Soms kry ek ‘n sms wat sulke goed bevat en dan moet ek eers versterking inroep om dit uit te figure.
33. Ek verstaan nie hoe twitter werk nie, maar ek het ‘n account en het dit al reggekry om te tweet. Maar ek weet nie hoekom en wanneer die @ en # teken verskyn en wat dit beteken nie. (update: ek glo ek weet nou hoe dit werk en geniet twitter nou al!)
34. Ek hou van Eclipse mints
35. Ek drink 6-8 koppies koffie ‘n dag. Dalk, dalk sal ek dit vir water verruil eendag. Maar dis ‘n groot dalk.
36. Ek dink meeste martelhuis(aka gym) instrukteurs is sadiste.
37. My gunsteling kleur pers! En rooi en pienk en grys.
38. As ek ‘n dier kon kies wat ek sou wou wees, sal dit my kat, Pricilla, wees. Slaap heeldag, eet as sy wil, geen verpligtinge
39. Sambrele fasineer my. Veral as ek amper onwillekeurige Mary Poppins toerjies doen in stormsterkte wind en reen.
40. Ek is baie in my skik aangesien ek nou al dieselfde vis vir 6 maande aan die lewe kan hou.
My kinderjare word deur die volgende kinderprogramme gedefinieer;



